Sondag 12 Oktober 2014

Week 3, dag 3: In Christus, deur geloof


Tema: Lewe wat waarlik lewe is
Week 3: Lewe in Christus

“Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof in die Seun van God…”
(Galasiërs 2:20)

Doelwitte:
Om te bepaal hoe God se beloftes in my eie lewe neerslag vind
Om te bepaal hoe ek in Christus kan wees
Om te bepaal hoe ek sekerheid kan hê dat ek in Christus is


Gister se les ons weer daaraan herinner hoekom ons Jesus Christus so liefhet en hoekom Hy asook die Vader ons ewige lof waardig is! Christus het ons pad gestap. Hy het sy lewe gegee sodat ek en jy in die ware lewe kan deel. Tog kan ons dalk met rede die volgende vraag vra: As God se beloftes vir ons in Christus ‘ja’ is, hoe sit ons die ‘amen’ daarop? Hoe vind daardie vervulde beloftes neerslag in ons eie alledaagse lewens?

Lees 2 Korintiërs 1:20.


Wat sê ons op al die beloftes van God?


Klik op die volgende skakel om te sien wat die woord ‘amen’ beteken.


Hoe word Christus in vers 21 beskryf?

Kom ons begin deur te kyk na God se belofte aan Abraham. Lees Genesis 17:4-8.

Watter belofte gee die Here vir Abraham. Skryf soveel fasette van die belofte neer as wat jy kan identifiseer.


Lees nou Romeine 4:13 asook Romeine 4:18-22 en beantwoord die vrae:


Hoekom het Abraham al God se opdragte rakende die belofte nagekom?


Hoekom het Abraham die belofte ontvang?


Dink jy God se belofte aan Abraham is dieselfde belofte van lewe wat Hy vir ons in Christus gee?

Hoekom sê jy so?


Lees Hebreërs 11:1 en vul die ontbrekende woorde in:


“Om te glo, is om __________ te wees van die dinge wat ons _________, om __________ te wees van die dinge wat ons _______________________.”


Kan ons die vervulling van al God se beloftes sien?


Lees Galasiërs 3:21-22 en beantwoord die volgende vrae:


Is daar ‘n wet wat instaat is om vir ons die belofte van ware lewe te gee?


Sou ons so ‘n wet kon onderhou? Hoekom nie?


Hoe word God se belofte dan vir ons vervul?


Lees telkens die volgende Skrifgedeeltes en skryf teenoor elkeen wat ons in Christus deur die geloof ontvang:


Romeine 5:1: _______________________

Romeine 5:2: _______________________

Galasiërs 3:26: ______________________

Efesiërs 2:8: ________________________

Romeine 1:17: ______________________

God se beloftes aan ons is almal IN Christus DEUR die geloof.

Lees Efesiërs 1:13 hieronder in die Engelse vertaling (jammer, maar die Afrikaans sê dit nie soos die Engels nie!) en beantwoord die vrae:

“And you also were included in Christ when you heard the word of truth, the gospel of your salvation. Having believed, you were marked in him with a seal, the promised Holy Spirit...”

Hoe word ons in Christus ingesluit? (Kyk na al die onderstreepte woorde)


Hoe verkry ons geloof volgens Romeine 10:17?

Adam en Eva was ongehoorsaam omdat hulle God nie geglo het nie. Hulle ongeloof het hulle van God geskei. Dit is nou deur ons geloof dat ons in Christus weer tot God kan nader en in sy liefde en lewe kan deel! Omdat Adam en Eva God se waarheid nie aanvaar het nie, het hulle hom deur hulle ongeloof as ‘n leuenaar uitgemaak. Wanneer ons nou God se waarheid aanvaar wanneer ons dit hoor, gee ons Hom weer die eer wat Hom toekom. Dit is ons geloof wat God behaag. Ons geloof is ons ‘ja’ vir God en Christus is sy ‘ja’ vir die wat in Hom glo.

God is so ernstig oor sy ‘ja’ vir ons, dat Hy vir ons ‘n waarborg gegee het! Wat is daardie waarborg volgens Efesiërs 1:13 hierbo?

Ons kan seker ook vra, maar hoe weet ons dat ons die Heilige Gees het. Dink jy dat jy die Heilige Gees ontvang het en hoe weet jy dit?

Lees 1 Korintiërs 12:3 hieronder:

“Daarom wil ek hê julle moet weet dat iemand wat sê: ‘Vervloek is Jesus’, nie deur die Gees van God praat nie; en niemand kan sê: ‘Jesus is die Here’ nie, behalwe deur die Heilige Gees.”

Vervloek jy die Here Jesus Christus of aanbid jy Hom as Here?


Het jy dus die Heilige Gees of nie?


Kan jy dus seker wees dat jy in Christus ingesluit is of nie?


Kan jy dus met sekerheid op al God se beloftes in Christus, ‘amen’ sê?


Hoe laat dit jou voel?

Op hierdie noot sluit ons af tot more wanneer ons kyk na die effek daarvan op ons daaglikse lewe.
Groete
Lize
 
 
 

1 opmerking:

  1. Daar is baie verwarring oor die Heilige Gees en wanneer iemand die Heilige Gees ontvang het of nie. Is daar 'n verskil tussen om die Heilige Gees te ontvang en om met die Heilige Gees gedoop te word? Ek het verseker nie al die antwoorde nie maar een ding weet ek - ek het die Heilige Gees ontvang want ek het die Here lief. Ek glo in Hom as my Verlosser. Dan, het Jesus belowe, gee Hy die Heilge Gees as waarborg, en ek glo dit. Tweedens kan ek in my 'n proses van heiligmaking sien. Ek het soos Paulus gese het, nog nie alles bereik nie. Ek maak nog foute....maar daar is 'n proses en gepaardgaande vrug. Dit is genoeg vir my. Ek vertrou die Gees se werking in my ook vorentoe. Wat ek wel ook nog leer is om nou, baie nou met Hom saam te stap.

    AntwoordVee uit