Vrydag 01 Augustus 2014

Welkom Oppie Blog!

Hi daar en baie welkom by Bybelstudie Oppie Blog!
 
My naam is Lize Dumon en ek woon in Hoedspruit teenaan die Kruger Wildtuin in Suid-Afrika. Ek is 46 jaar oud, 21 jaar gelukkig getroud met my man Jan en ma van drie seuns tussen die ouderdomme van 9 en 15.


Ek is nie 'n teoloog nie maar wel die dogter van 'n afgetrede predikant en professor in Antieke Grieks. My ouers het my grootgemaak met 'n liefde vir die Here en Sy Woord en vandag is dit my passie om die Woord met ander mense te deel en om 'n ieder en 'n elk aan te moedig om in 'n intieme verhouding met Jesus Christus te tree.


Ek bied gereeld Bybelstudies aan, ek spreek vrouens op Christenkampe toe, ek is betrokke by 'n bidgroepie en ek het ook onlangs 'n Christenboek geskryf getiteld "Bride Adorned".


Kom ons gesels oor Bybelstudie Oppie Blog.


Wat is dit?
Ek het 'n dierbare vriendin in Jakarta en sy het my gevra of ek nie 'n Afrikaanse Bybelstudie vir haar en haar ander Afrikaanse Expat vriendinne wil skryf nie. En net daar is Bybelstudie Oppie Blog gebore! Bybelstudie oppie blog is 'n gratis, aanlyn Bybelstudie in Afrikaans!


Hoe werk dit?
Die konsep is baie eenvoudig. Ons gaan saam Bybelstudie doen. Een keer 'n week op 'n Sondagaand 'post' ek die nodige inleiding en tekste en vrae vir die week. Elkeen wat wil doen dit in haar eie tyd. Die maklikste sal wees om boek byderhand te he waarin jy die vrae kan neerskryf of beantwoord of jy kan die post uitdruk en sommer die vrae daarop antwoord en dit dan in 'n leer bere. Elkeen kan doen wat die maklikste vir haar werk!


Kan ons met mekaar oor die studie gesels?
Ja definitief! Dit is 'n belangrike en lekker deel van 'n Bybelstudie. Alhoewel enige person die studie op die blog kan lees, kan slegs die wat aansluit as 'n lid kommentaar lewer op die posts. As jy dus wil saamgesels, sluit aan! Volg net die instruksies in die regterkantse kolom van die blog. Daarna kan jy kommentaar lewer en ander kan op jou kommentaar reageer.


Wat is die onderwerp van ons studie?
Ek is baie opgewonde oor ons eerste Bybelstudie onderwerp:


Ware Lewe 


Die Bybel praat so baie oor die 'ware lewe'. Wat is die ware lewe? Hoe kan ons dit kry? Verwys dit net na die hiernamaals of ook na hierdie lewe op aarde? As daar 'n 'ware lewe' is, dan wil ek deel wees daarvan! So ek is gretig om te ontdek wat die Bybel daaroor leer. Oor die bestek van 5 weke gaan ons so daarna kyk:


Week 1: Lewe as 'n offer uit God se hand
Week 2: Lewe as 'n offer uit die vyand se hand
Week 3: Lewe in Christus
Week 4: Lewe deur die Gees
Week 5: Lewe in 'n nuwe orde


Wanneer gaan ons begin?
As die Here wil 1 September 2014 MAAR jy is nie gebind aan tyd nie! Jy kan die studie in jou eie tyd doen en steeds aan die gesprek deelneem solank jy as 'n lid aansluit.


Jou eerste opdrag:
  • Teken die 1ste September aan in jou dagboek of sit 'n reminder op jou foon!
  • Sluit aan by die blog.
  • Begin gesels - gebruik die kommenraar boksie en stel jouself bekend. Wie is jy? Waar bevind jy jouself in die wereld? Wat is jou verwagting van die studie?  


Ek sien uit daarna om jou te ontmoet! Sien jou binnekort OPPIE BLOG!
 
Vriendelike groete
Lize Dumon

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking